Hieronder word enige opnames wat in die Ontwikkelingsklasse gemaak is, gelaai en vir u kind se gerief  beskikbaar gestel om weer later na te gaan kyk.
Ons lys ook internet-speletjies op hierdie bladsy

Die etutor is 'n fasiliteit waarmee u kind lewendig (regstreeks) op die internet gehelp kan word, in 'n virtuele klaskamer. Hierdie diens is bedoel om aan die leerders gedurende die week hulp te gee met hulle huiswerk, selfs later in die aand as hulle besef hulle haak vas. Klik hier om na die bladsy te gaan waar ons al die opnames van sulke etutor-sessies stoor. Dalk is daar iets wat julle al sommer dadelik by iemand anders se vrae oor 'n onderwerp kan leer, of dalk wil julle net sien hoe dit prakties werk in s 'n klaskamer. Kontak ons gerus vir meer inligting oor die etutor.
(LW. Sleutelwoord benodig vir hierdie 2 knoppies)
Indien u kind 'n vraag het oor enige iets in die Wiskunde sillabus, is hulle welkom om die vrae vir ons te stuur (baie studente neem sommer 'n foto met hulle selfone en stuur dit dan met WhatsApp). Ons sal dan 'n opname van hierdie vraag se memorandum maak, en vir julle per ePos terugstuur. Klik hier om 'n voorbeeld te sien van s 'n vraag wat beantwoord is
Tyd-speletjie: Vyf analoog-horlosies word gewys, en vyf digitale tye, en die regte digitale tyd moet by die ooreenstemmende analoogtyd gepas word.
'n Speletjie waarin 'n basketbal-speler die bal in die net kan gooi as die afronding korrek gedoen is. Daar is 3 vlakke: (1) is met getalle met twee syfers, (2) is met getalle met 4 syfers, en (3) is vir desimale syfers
Tafels-speletjie: Deur die tafels korrek te doen kan vir elke vlak 'n ander ontwerp vir 'n paar modelle gekies word, soos haarstyle, kleredrag, skoene, ens. Sodra al die vlakke klaar is kan die modelle dan uniek gemaak word
'n Afrondingspeletjie gebaseer op die "Who wants to be a millionaire" konsep. Soos wat die prysgeld al hoe hor klim, word die vrae vir afronding al hoe moeiliker.
'n Oulike speletjie met gemengde tegnieke, tipies vir Graad 6 of 7. Ongelukkig word Amerikaanse maateenhede ook gebruik, en die speler moet byv. weet dat 2 "pints" een "quart" is. Indien die antwoord nie bekend is nie, gaan soek asb op die internet, of gebruik die tutor-on-call fasiliteit
'n Baie oulike speletjie om die kinders te leer om te kan skat. Dit behels nie regtig afronding na getalle nie, maar meer visuele voorstellings, maar is tog 'n uitstekende vaardigheid om aan te leer
'n Uitstekende speletjie om die waarde van skatting in berekeninge aan te toon. Die speler moet 'n gholfbal in die gaatjie slaan, en hoe meer akkuraat die antwoord is, hoe nader aan 'n "Hole-in-one" sal gekry word
Web-speletjies en ander hulpbronne vir Graad 6 oor tydsones:
"History of Time Zones"
"One moment around the world"
"Time zones explained"
"Time zones graphical"
"Time zones interactive 1"
"Time zones interactive 2"
"Time zones quizz"

Hoe laat is dit op enige plek op aarde nou?
Tafels-speletjies ('n Groot verskeidenheid, sodat die kinders letterlik elke dag iets anders kan speel)
Plekwaardes
Shark Numbers
Place the penguin
Tyd                   On time!
Meting
Measuring lines - Leer hoe om 'n liniaal te lees (Hierdie webtuiste bring 'n waarskuwing op oor 'n "swf-file". Dit lyk egter nie asof daar enige rede tot kommer is nie - die bladsy maak sonder probleme by ons oop. Wees asb maar nog steeds omsigtig!)
The Fearless Flying Fleas
Simmetrie
Pas die simmetriese gedeelte by die ander gedeelte
Symmetry artist (Gebruik die muis om te teken, en sien die simmetrie-beeld dadelik!)
Build your own Mission 2110 Roboid in these daring puzzle games! (Baie klank-effekte!!)
Breuke-speletjies
Fraction beach - Bou 'n sandkasteel
'n Interaktiewe onderrig en assessering oor breuke (in Engels)
Pizza speletjie
Kry die ontbrekende getal vir ekwivalente breuke
Rangskik die breuke
Hang die apie by die regte breuk
S hoeveel breuke en dele van breuke daar is deur te kyk na die pizza-stukke
Gee die antwoord van die bewerkings met breuke (Gebruik Adobe Shockwave Player)
Bou 'n brug