Die TeachMe program is 'n fasiliteit waarmee jy kan soek vir vakkundige inhoud, soos Wiskunde, in ons databasis van oudio-visuele opnames.

Klik hier om die TeachMe program af te laai vir
  • Windows
  • Android (onthou net om die verstelling te maak vir "Installation of non-market applications")

Deur die File ID, soos hier gegee, te gebruik as die sleutelwoord wanneer jy soek, sal jy dadelik na die regte opname gevat word. Jy is egter welkom om ook ander sleutelwoorde te gebruik om te kan loer of daar nie dalk iets anders ook is waarvan jy hou of kan gebruik nie.

Die TeachMe program word in drie pakkette aangebied, naamlik die TeachMe Lite, wat gratis toegang tot enige van ons individuele opnames gee (hierdie opnames word met 'n blou logo ge´dentifiseer. As jy egter na enige van die SUPERlesse (groen logo's) wil kyk, waar verwante opnames vir jou gerief saamgebondel is, of as jy die opnames wil stoor op jou rekenaar vir latere gebruik, dan moet jy opgradeer na die TeachMe Basic weergawe toe.

As jy dus hierdie opnames, wat tydens die Ontwikkelingsklasse geskep is, of enige ander opnames, wil aflaai en stoor, stel ons voor jy gradeer op na die Basic weergawe. Wanneer jy dus die File ID gebruik om te soek, kan jy ook die opname stoor vir wanneer dit later weer gebruik moet word. Klik hier om te sien hoe maklik die opgradering is.

Die derde weergawe van die TeachMe program is die Premium weergawe. Hier kry jy ook toegang tot onder andere Assesseringswerkkaarte, wat outomaties 'n punt (resultaat) gee, en die oudio-visuele memorandums van die vrae na die tyd verskaf.
(LW. Sleutelwoord benodig vir hierdie 2 knoppies)